Nuwe Skotland [boodskap #123180] |
Sun, 30 December 2018 10:21 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nuwe Skotland is 'n boerderygebied in Oos-Transvaal (Mpumalanga), oorspronklik deur Skotse immigrante bewoon wat deur Alexander McCorkindale in 1867 uitgebring is. Die gebied se hoofstad is eers Roburnia genoem, ter ere van die digter, Robert Burns, maar is in 1882 deur Paul Kruger tot Amsterdam herdoop (na Amsterdam in Nederland).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|