Norton [boodskap #123173] |
So, 30 Desember 2018 10:13 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Norton is 'n dorpsgebied in Zimbabwe (Rhodesië) 25 myl ten weste van Harare (Salisbury). Hoewel sy geskiedenis terug dateer uit die vroeë dae van die Kolonie, het sy werklike ontwikkeling maar betreklik onlangs begin. Dit is gestimuleer deur die konstruksie van die groot dam, die Macilwaine-meer. Planne is destyds opgestel vir die ontwikkeling van groot fabrieke en 'n behuisingsgebied met huisvesting vir 30,000 mense.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|