Nasionale Toneelorganisasie [boodskap #123106] |
So, 30 Desember 2018 08:04 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Nasionale Toneelorganisasie is in 1948 met regeringshulp gestig om die drama, in sowel Engels as Afrikaans, na alle dele van Suid-Afrika te bring, veral na die plattelandse distrikte. Onder die leiding van verskeie vooraanstaande akteurs en regisseurs, waarvan Leontine Sagan spesiale vermelding verdien, is toneelgeselskappe en 'n stelsel van draagbare décor gebou wat selfs in die kleinste saal opgestel kon word. Sedert 1962 werk die oorspronklike organisasie op 'n provinsiale basis met afdelings wat gewy word aan drama, ballet, opera en ander musiek. Voorsiening is destyds ook gemaak vir die Bantoe- en Kleurlinggemeenskappe.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|