Nasionale Bergkwaggapark [boodskap #123099] |
Sat, 29 December 2018 18:39 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Nasionale Bergkwaggapark is 'n gebied van sowat 3,700 acres op die plaas Babilonstoren in die distrik Cradock, Kaapland, waar die bergkwagga, wat gevaar loop om uit te sterf, beskerm word en aanteel. Dit is in 1937 as Nasionale Park geproklameer. Sien ook Sebra.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|