Musgrave, William [boodskap #123079] |
Sat, 29 December 2018 17:12 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Musgrave, William was die Prokureur-generaal van Kaapland en regter van die Hooggeregshof. In 1792 in Engeland gebore en sluit in 1818 aan by die Koloniale Diens. As vriend van goewerneur sir Benjamin Durban, kom hy in 1836 in die Kaap aan waar hy tot die balie toegelaat word. In 1843 word hy aangestel as regter van die Hooggeregshof. Op 6 Oktober 1854 in Kaapstad oorlede.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|