Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Milner se Kindertuin (Milner’s Kindergarten)
Milner se Kindertuin [boodskap #122982] Sat, 29 December 2018 06:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Milner se Kindertuin (Milner's Kindergarten) is 'n skertsende bynaam vir 'n groep besonder talentvolle jong manne wat deur lord Milner teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog in 1902 na Suid-Afrika gebring is sodat hulle sleutelposisies in Transvaal kon beklee. Die meeste van hulle het van Oxford, Cambridge en ander Britse universiteite gekom. Onder hulle was John Buchan (lord Tweedsmuir) die toekomstige sir Patrick Duncan, Philip Kerr (later lord Lothian), Lionel Curtis, R.H. Brand (later lord Brand). Almal het hulleself op besondere wyse onderskei, óf in Suid-Afrika óf op die wêreldtoneel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Milner, Lord
Volgende onderwerp: Milnerton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 03 18:34:12 UTC 2024