Marais-Meer [boodskap #122884] |
Thu, 27 December 2018 17:30 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Marais-Meer is 'n groot besproeiingskema in die Breederivier, 6 myl besuide Worcester. Die damwal is 3,252 voet lank en 28,5 voet hoog met 'n wateroppervlakte van 6 vierkante myl wanneer dit vol is. Totale besproeiingsgebied is nagenoeg 20,000 acre en deur die konstruksie van ander werke in dié streek word dit nog vergroot. Marais-meer word ook die Brandvleidam genoem vanweë die warmbronne wat dit voed. (Temperatuur 145 °F).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|