Maclean, Kolonel John [boodskap #122818] |
Wed, 26 December 2018 10:49 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Kolonel John Maclean was Luitenant-goewerneur van Brits-Kaffrarië. Hy begin sy loopbaan in die Britse leër, maar in November 1845 word hy aangestel as regeringsagent op Fort Peddie, Kommissaris vir die T'Sambie-stam in 1847 en Hoofkommissaris van Brits-Kaffrarië in 1852. Toe hierdie gebied in 1860 'n afsonderlike kolonie word, word hy die eerste Luitenant-goewerneur. As gevolg van sy slag met die naturelle word hy in 1864 met bevordering na Natal verplaas, maar moes in Julie 1865 weens swak gesondheid bedank.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|