McGregor [boodskap #122812] |
Wed, 26 December 2018 10:38 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
McGregor is 'n dorp in die distrik Robertson, Kaapland. In 1861 as Lady Grey gestig, maar herdoop ter ere van eerw. Andrew McGregor van Robertson (wat ook hier 'n amp beklee het) aangesien daar reeds 'n ander Lady Grey in die Wittebergen was. Die distrik is bekend vir die verbouing van vrugte en rosyne, ook vir sy sweepstokke (vir die drywers van ossewaens). Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 1,300 (500 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|