Maasbanker [boodskap #122798] |
Wed, 26 December 2018 09:21 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Maasbanker (Trachurus trachurus) is 'n baie bekende Kaapse vis, verwant aan die halfkoord of albakoor wat van St. Helenabaai tot by Natal en in die Noord-Atlantiese Oseaan aangetref word. Twintig duim lank; groenerig of blouerig bo en silwerig onder. Ietwat van 'n growwe tekstuur. Sien Seehulpbronne.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|