Lyttelton, Alfred [boodskap #122791] |
Tue, 25 December 2018 19:11 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Alfred Lyttelton was 'n Britse staatsman en minister van kolonies. In 1857 in Engeland gebore. In 1903 word hy Minister van Kolonies. In dié hoedanigheid was hy, ten spyte van groot protes, verantwoordelik vir die invoering van Sjinese arbeiders aan die Rand. Hy het die eerste konsepvoorstel vir die Transvaalse grondwet onder die Kroonkolonie-bewind in 1905 ingedien. Vanweë die bewindsoorname deur die Liberale Party het dit kort daarna verval. Oorlede in 1913.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|