Krombekstrandloper [boodskap #122615] |
So, 23 Desember 2018 10:33 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Krombekstrandloper (Wulp) (Numenius arquata) is die grootste voël van die waadvoël-familie. Onmiskenbaar as gevolg van sy grootte, sy lang gekromde snawel en sy wilde geroep. Prominent gestreep, ligbruin verekleed wat wit vertoon wanneer hy vlieg. Volop langs die kus en word soms ver in die binneland aangetref. Broei uit in Europa en Asië maar word soms tydens die noordelike broeiseisoen in Suid-Afrika opgemerk.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|