Kotze, Sir Robert Nelson [boodskap #122590] |
Sun, 23 December 2018 09:28 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sir Robert Nelson Kotze was 'n Staatsmyningenieur en uitvinder. In 1870 gebore en ontvang opleiding aan die South African College en in Clausthal, Duitsland. Begin sy mynloopbaan in 1895 in die Transvaal. Word Staatsmyningenieur in 1908. Van 1929 tot 1930 is hy parlementslid. Direkteur van De Beers en baie ander maatskappye. Uitvinder van die Konimeter, wat gebruik word om hoeveelheid stofdeeltjies in myne te bepaal. Van groot waarde in die oplossing van ventilasieprobleme. Oorlede in 1953.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|