Kottler, Moses [boodskap #122587] |
So, 23 Desember 2018 09:02 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Moses Kottler was 'n Suid-Afrikaanse beeldhouer. In 1896 in Europa gebore. Kom na die Kaap toe hy baie klein was. Studeer in Palestina, Munchen en Parys. As jong man toon hy reeds buitengewone talent en word internasionaal bekend vir sy sensitiewe werk in verskeie mediums wat hout, klip en brons insluit. Van sy bekendste werke is die beelde van "Meidjie", 'n jong Bantoevrou, van generaal Christiaan de Wet, wat hy persoonlik geken het, en van president T.F. Burgers asook die houtsnywerk in die Johannesburgse Openbare Biblioteek, ens.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|