Klossiegras [boodskap #122533] |
So, 23 Desember 2018 06:17 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Klossiegras (Melica decumbens Thunb.) is gras was in klossies van tot 45 cm (1,5 voet) hoog groei. Die blare is baie grof. Dit is giftig vir vee en beeste gaan na bewering dood daarvan. Dit kom voor in die oostelike dele van Kaapland, ook in Oranje-Vrystaat en Griekwaland-Wes. Sien Dronkgras.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|