'n Gedig van BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #9236] |
Di, 29 April 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 464 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
'n Gedig van Breyten Breytenbach
toe was dit verby: die son en die wind
en die maan en die sterre en die heerlike
klouspoortjies van die stof
wat so na lewe ruik
mens sien 'n voël
sy lyfskuitjie was soos 'n veer
die seevoël hoort by die water beslis
soos 'n vuis op die palm in die hand
maar ek was reeds voor die deur van al hamra
die rooi doolhof van 'n beskawing onder stof
met die windsels om my bors en om die oë
in 'n grot waar swart son en swart wind
en swart maan en swart sterre en die heerlike
blou douglinstering verdof
met die digter sal ek immers sê ek pers my hart
van gode rein (ons mors nie met mekaar nie)
maar sou die vlieëendes ook
van my voornemens weet?
wat sou dit help om te kierang?
of hierdie aarde my weer op sal bring?
laat staan sulke dinge laat staan
laat staan sulke dinge laat staan
(gepos deur gloudina bouwer)
|
|
|