Kirkwood [boodskap #122500] |
Sat, 22 December 2018 09:28 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Kirkwood is 'n dorp in die Sondagsriviervallei naby Port Elizabeth. Is vroeër Bayville (1885) genoem. Weer gestig (1913) onder huidige naam ter ere van John Somers Kirkwood as sentrum van die besproeiingsnedersetting van Strathsomerslandgoed. Dit is suksesvol in die aansienlike verbouing van sitrus en ander vrugte. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 5,400 (1,200 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|