Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Leipold Gedig Versoek: Gloudina
Leipold Gedig Versoek: Gloudina [boodskap #9225] So, 27 April 1997 00:00 na volgende boodskap
Bo Schafers  is tans af-lyn  Bo Schafers
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Die gedigte van Leipold wat jy gepos het, het my laat herinner aan 'Op my
ou Ramkiekie' wat ek lankal gelede op skool gelees het. As jy did daar in
Kanada by jou het, pos dit tog asseblief vir hierdie sentimentele Japie in
Perth...

Dankie

Bo

--
***********************************************
If Dogs Run Free, Then Why Not We?

b...@iinet.net au
sch...@devetwa.edu.au
Re: Leipold Gedig Versoek: Gloudina [boodskap #9233 is 'n antwoord op boodskap #9225] Ma, 28 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Apr 1997 01:10:29 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

<<His most popular book in English
> is “The Bushveld Doctor” (1937).>>>

He was also a great cook and wrote down wonderfull Old Cape recipies.
He cook books were reprinted a while ago.
Re: Leipold Gedig Versoek: Gloudina [boodskap #9234 is 'n antwoord op boodskap #9225] Ma, 28 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
b...@iinet.net.au says...
>
> Die gedigte van Leipold wat jy gepos het, het my laat herinner aan 'Op my
> ou Ramkiekie' wat ek lankal gelede op skool gelees het. As jy did daar in
> Kanada by jou het, pos dit tog asseblief vir hierdie sentimentele Japie in
> Perth...
>
> Dankie
>
> Bo
>

OP MY OU RAMKIETJIE
C. Louis Leipoldt

Op my ou ramkietjie
Met nog net een snaar
Speel ek in die maanskyn,
Deurmekaar.

Ek sing van Adam
En Eva se val,
Van die ou Paradys,
"Halfpad mal!"

So sê die mense
Wat my hoor speel
As die skemer my wang soen
Soos ferweel.

As die maan my aanhoor,
En die sterre knik,
Dan speel ek kordaat voort,
In my skik.

Wat gee ek om mense
Wat sê ek's mal,
As die varings my aanhoor
By die wal?

Wat om my vrinde -
Wat nooit nie verstaan -
As die sterre my toeknik,
En die maan?

Op my ou ramkietjie
Met nog net een snaar,
Speel ek in die maanskyn,
Deurmekaar.

(Musiek deur Jan Bouws)

ramkietjie: a primitive stringed instrument,
usually home-made, with four
strings and sound box made
out of an oil can.
Etimology : From Nama "ramgi-b"

This song is, strictly speaking, not a folk song. It
is however much loved and frequently sung by
people, even if they only know the first one or two
verses. The poem was written by C. Louis Leipoldt
(1880-1947), who has become somewhat of a cult
figure in South Africa. Leipoldt was born in the town
of Worcester, but most of his poems talk about the
"Hantam" (an area around the Hantamsberge, on the
edge of Namaqualand, around the town of Calvinia.)
Leipoldt acted as war correspondent during the Boer
War for the "Manchester Guardian." He became a
medical doctor, but also practised journalism. He wrote
short poems about the beauty of nature, but also longer
very dark poems, describing the aftermath of the Anglo-
Boer War. In the First World War he was physician to
General Botha. Shortly before the Second World War he
wrote a cycle of scathing anti-Nazi poems that has never
appeared in book form. His most popular book in English
is "The Bushveld Doctor" (1937).

Gloudina Bouwer
Re: Leipold Gedig Versoek: Gloudina [boodskap #9241 is 'n antwoord op boodskap #9225] Di, 29 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
amde...@gold.up.ac.za says...

>
> Leipoldt is iewers in die Sederberge begrawe, as ek reg onthou. Die
> Sederberge is suid-wes van Calvinia gelee. Een manier om daarop te kom, is
> van Clan William se kant langs die Pahhuispas.
>
> Die Sederberge is seker die mooiste bergreeks in ons land. Dit bestaan uit
> verweerde sandsteen. Die verweerde rotse beeld 'n ongelooflike
> verskeidenheid van vorms uit. 'n Mens kan amper die Sederberge as ons land
> se natuurlike beeldepark noem. Vir omtrent elke ding van ons land en sy
> geskiedenis. kan jy 'n beeld in sandsteen vind, as jy net lank genoeg soek.
> Ek was al baie keer lus om 'n boek uit te gee met 'n gedigte van Leipoldt
> en fotos geneem in die Sederberge. Op die een kant van elke bladsy kom 'n
> gedig en aan die oorkant kom 'n foto wat die gedig verbeeld, so asof dit
> wat op die foto verskyn, die gedig geinspireer het.
>
> Miskien is dit 'n beter idee as julle eerder 'n plan maak om self die
> Sederberge te besoek en 'n digbundel of twee van Leipoldt saam te neem.
>
> Beste wense
> At de Lange
>

Dankie vir die beskrywing van die Sederberge.
Dat ek nooit die Sederberge besoek het nie, was
nog altyd een ding wat my die jammerste gemaak
het. Toe ek op Stellenbosch was, het die BTK -
staptoere so gereeld Sederberge toe gegaan, en die
ouens het altyd so 'n veraf kyk in hulle oë gehad
as hulle daarvandaan terugkom. Ek het, soos die
goeie C.S.V. dogter wat ek was, altyd na die C.S.V.
kampe in Bainskloof gegaan. Nou ken ek Bains-
kloof soos die agterkant van my hand, maar het nooit
by die Sederberge en by Wupperthal en die Koue
Bokkeveld uitgekom nie. Vertel nog.
Gloudina
Vorige onderwerp: "Verre Blik" deur UYS KRIGE
Volgende onderwerp: 'n Gedig van BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 19:19:39 MGT 2024