Keirivier [boodskap #122461] |
Fri, 21 December 2018 19:36 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Keirivier (streng gesproke die Groot Kei) is 'n belangrike rivier in Oos-Kaapland. Dit ontspring in die Stormberg en vloei ongeveer 200 myl ver. Vloei die see benoorde Oos-Londen binne. Belangrikste takriviere is die Wit Kei, die Indwe- en die Tsomorivier. Die Keirivier is gekies as die suidelike grens van die voormalige Bantoetuisland bekend as die Transkei, en het die skeiding gevorm tussen wat later as die Ciskei bekend gestaan het.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|