Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kaunda, Dr. Kenneth David
Kaunda, Dr. Kenneth David [boodskap #122448] Vr, 21 Desember 2018 14:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Kenneth David Kaunda was die President van Zambië. In 1924 naby Chinsali, Zambië gebore. As onderwyser raak hy geïnteresseerd in die African National Congress en speel 'n leidende rol in die aftakeling van die Federasie van Rhodesië en Njassaland. Ten spyte van 'n gevangenisstraf het sy mag geleidelik toegeneem. Hy het sy werksaamhede oorsee uitgebrei en het nog redelike matigheid in sy metodes gehandhaaf. In 1961 het hy tot die Kabinet van Noord-Rhodesië (Zambië) toegetree. In 1964 word hy Eerste Minister, en in 1965 President.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kat, Wilde
Volgende onderwerp: Kazungula
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 23 09:49:15 MGT 2024