Kat, Swartpoot [boodskap #122445] |
Fri, 21 December 2018 14:09 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die swartpootkat (Felis nigripes, ook gekolde kat, swartpootwildekat of miershooptier genoem) is 'n vleisetende dier baie soos die tierboskat in voorkoms en gewoontes, maar kleiner met swart voetkussings. Die wilde kat kom in Suid-Afrika, Namibië, Botswana en gedeeltelik in Zimbabwe voor. Vaalbruin van kleur en is só bedek met onreëlmatige swart kolletjies in die omgewing van die nek dat dit gestreep voorkom. Die stert is kort, met strepe en kolle. Die kat is van neus tot stert ongeveer 50 cm (20 duim) lank.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|