Karakoel [boodskap #122415] |
Vr, 21 Desember 2018 06:29 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Karakoel is 'n soort swart skaap wat vanweë die eenderse klimaatstoestande in 1907 uit die Nabye Ooste, vernaamlik Persië, na Namibië (Suidwes-Afrika) gebring is deur die Duitse Koloniale owerheid. Karakoelboerdery is besonder winsgewend en is nou 'n belangrikste bron van inkomste vir Namibië. Dit word ook suksesvol beoefen in Noordwes-Kaapland, Namakwaland, Gordonia en elders. Baie vooraanstaande kopers het hulle kantore in Windhoek, waar veilings gereeld gehou word. Een van die baie belangrike kopers is die beroemde Hudson Bay Company van Kanada.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|