Kaapse Patriotte [boodskap #122364] |
Wed, 19 December 2018 18:34 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Kaapse Patriotte was 'n beweging in die Kaapkolonie in die laat 18de eeu wat beïnvloed is deur die Amerikaanse opstand teen Engeland en deur die Franse Rewolusie. Dit het begin in 1779 toe 'n deputasie na Holland gestuur is om die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie om groter politieke vryheid te vra. Die deputasie misluk en die beweging loop stadig dood, maar het aansienlike onregstreekse gevolge gehad toe die Hollandse administrasie teen die einde van die eeu in duie gestort het.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|