Kaaimansblom [boodskap #122352] |
Wed, 19 December 2018 15:07 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Kaaimansblom of Blou Waterlelie (Nymphaea capensis) is 'n waterplant met drywende blare en dik wortelstokke in modder. Suid-Afrikaanse spesies het net blou of pers blomme. Baie skaars, maar word aangetref in permanente vleie in die Kaap, van Piketberg tot by Bredasdorp. Gedurende die laaste 30 jaar is dit in die Kaapse Skiereiland uitgesterf.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|