Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Hello
Re: Hello [boodskap #9132] Di, 22 April 1997 00:00 na volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
V wrote:
>
> Hello Almal
>
> Ek het onlangs hierdie nuusgroep ontdek, en will net vir julle almal laat weet hoeveel ek dit
> geniet.
>
>
> Vira.

Welkom Vira. Dankie dat jy afrikaans praat .

Cheers
Lourens

PS. Moet nie van die sommige van die ou spul te ernstig opneem nie -
hulle sukkel met hulle oumans kliere :)
Re: Hello [boodskap #9156 is 'n antwoord op boodskap #9132] Wo, 23 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie vir julle verwelkomings. Dit beteken vir my baie.

Ek sien julle verstaan baie goed wat ek probeer sê. Die storie van die fakse, Alwyn ... ek
doen toe alles om in aller haas 'n faksmasjien aangeskaf te kry, en in groot opwinding en
half paniekerig stuur ek toe my eerste faks Amerika toe. Dan die lang wag tot hulle agt ure
later uiteindelik wakker word, en 'n antwoord stuur. Wat 'n teleurstelling! Hulle notatjie aan
my lees 100%, maar dit sê net hulle kon my faks nie lees nie - dit maak net 'n klomp donker
strepe. Na 'n lang gesukkel, 'n klomp gemorsde geld, trane van frustrasie, stel ons
uiteindelik vas dat hulle "baud rate" baie vinniger, beter, meer gevorderd is as ons s'n - en as
hulle afgaan tot op 9600 sal dit eventueel werk. (Maar daar's niemand wat dit vir jou kan sê
wanneer jy die damn masjien koop of navrae doen by Telkom nie). Dit vat maande-lange
gekrap in boeke en heen-en-weer probeer).

Gister was een van die Telkom bestuurders op Radio 702, en op die vraag van wat hulle
maak met al hul winste was sy antwoord dat hulle oor die volgende 4 jaar sal werk maak
daarvan om dienste te lewer aan plekke wat dusver nie het nie. Dit sluit hopelik die 14-jarige
seun se plaas-gebied ook in.

Maar ons is gelukkig dat ons telefone darem 3 uur in die oggend kan lui, en nadat ons
boeglam geskrik het, en vasgestel het niemand is dood nie, is ons so "overwhelm" van
blydskap dat ons mense al die pad van oorsee af geskakel het, dat ons (of miskien net ek, in
hierdie geval) heeltemaal "brain dead" raak, en van niks weet om te praat nie. Na jy die
hoorstuk neergesit het, en klaar getjank en gesnak het, onthou jy skielik van miljoene dinge
wat jy eintlik wou gesê het, as hulle maar net weer op die lyn was.

En dan maal die gedagtes heeldag in jou kop, jy hoor nog hulle stemme ... en die kleintjie wat
nou die dag op Jan Smuts nog net soos ek en jy was, praat skielik met 'n snaakse aksent, en
van "candy" plaas van "sweeties" en hulle voel al verder en verder weg, asof jy die kinders
een van die dae glad nie meer kan bereik nie, want hulle is mos in 'n ander wêreld.

> Of miskien
> moet ons ook maar doodeenvoudig ook oppak ...

Ja, as ons maar kon. Ek sou seker daar baie lekker kan lewe, maar hoe sal ek my land en
sy mense , en al dit wat ek hier liefhet los? As ons maar op twee plekke tegelyk kon wees!

Met liefde,
Vira.
Re: Hello [boodskap #9157 is 'n antwoord op boodskap #9132] Wo, 23 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
V wrote in article
...
> Hello Almal
>
> Ek het onlangs hierdie nuusgroep ontdek, en will net vir julle almal laat weet hoeveel ek dit
> geniet.
>
> Ek vra eers verskoning vir enige foutiewe taalgebruik. Ek is eintlik Engelssprekend met 'n
> Afrikaans hart, en dis lank laas vandat ek op skool was of Afrikaans geskryf het, maar ek sal
> my bes probeer. Ek voel dis 'n Afrikaanse nuusgroep, en hier moet Afrik.
geskryf word!

Vira,

Toe ek jou geskrif die eerste keer deurgelees het, dink ek by myself: hier
is bedrog - die Vira kan nie Engelsprekend wees nie. Toe ek dit die tweede
keer deurlees, skitter die frase "met 'n Afrikaans hart" voor my o"e. Dit
is nie bedrog nie - die Vira is werklik wat sy sê om te wees. Baie dankie
dat jy begin deelneem het aan die NG. Ons het jou baie nodig en hoop jy sal
lank deelneem.

Hierdie NG gaan oor Afrikaans. Sommige bydraers is soos perdevlie"e, ander
s'n soos brommers, ander s'n soos skoenlappers en ander s'n soos
heuningbye. Maar almal se bydreas is in Afrikaans, en dit is wat belangrik
is. Gelukkig het ons 'n verstand gekry sodat ons kan weet waar om wat te
verwag. Die skoenlappers en bye werskaf waar daar blomme en groei is terwyl
die perdevlie"e en brommers aas waar daar saamgedrom en gesk.. word.

In my onlangse besoek aan die karroos en boesmanland, het ek my weer
verwonder aan hoe die mense (wit en bruin) Afrikaans gebruik. Somtyds was
ek stout en het ek hulle in Engels begin aanspreek. Hulle het beleef
probeer terug antwoord in Engels, maar wanneer ek oorgeslaan het na
Afrikaans, was hulle verligting sigbaar groot. Vir die aardigheid het ek
hulle somtyds in Duits begin aanspreek. Dan het hulle dikwels die ander
nader geskree om te kom help beduie. Dan het hulle nie Engels probeer praat
nie, maar 'n kortaf Afrikaans met die wonderlikste gebaretaal!

Ek wens al daardie mense kon deelneem aan hierdie NG. Hierdie gedagte het
my dikwels tydens die toer gekwel. Besef julle wat alles gedoen sal moet
word om dit moontlik te kan maak? Die tweede vraag wat my gekwel het, is of
hierdie NG en Internet in die algemeen vir hulle enige waarde sou he? Die
derde vraag wat my gewel het, is of hierdie NG hulle met die veranderinge
wat hulle teweeg so bring, sou kon akkomodeer. Gaandeweg het ek besef dat
daar net een manier is om antwoorde te kry - begin 'n internetsalon op 'n
plekkie soos Willowmore, Brandvlei of Pella. Kom ons begin organiseer vir
so 'n projek.

Op een plaas het ek afgekom op 'n veertienjarige seun wat sy pa mal gemaak
het om 'n rekenaar te kry. Elke beskikbare sekonde toor hy met die masjien.
Nou maak hy sy Pa bekommerd want hy wil op Internet inskakel omdat hy so
baie daarvan lees. Hulle poskantoor op die naaste dorp het egter nie eens
'n datalyn nie. En sal hy die luistervinke op die plaaslyn nie frustreer
wanneer sy rekenaar begin biep-blur-tjirp na die wye wereld toe nie. Hy
maak die posmeester mal met sy briewe oor wat hulle moet doen om wakker te
word! So wil ek dit he.

Beste wense
At de Lange
Re: Hello [boodskap #9158 is 'n antwoord op boodskap #9132] Wo, 23 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Let's Go Travel  is tans af-lyn  Let's Go Travel
Boodskappe: 27
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Vira

Welkom.

> Ja, as ons maar kon. Ek sou seker daar baie lekker kan lewe, maar hoe sal ek my land en
> sy mense , en al dit wat ek hier liefhet los? As ons maar op twee plekke tegelyk kon wees!
>

Ek het een keer SA probeer los, was in VSA vir 6 maande. Gaan toe terug na
SA vir 3 maande. Na 3 maande in SA kon ek myself net nie kry om terug te
kom na die VSA nie. Ek bly toe 'n hele jaar in SA. Nadat die jaar om is
kom ek toe vir 'n 3 weke trippie na die VSA, en 18 maande later is ek nog
steeds hier. Ek verlang ontsettend baie na SA, is bly dat dinge uitgewerk
het soos dit het, want ek sou nooit nooit terwyl ek in SA was die besluit
sou kon maak om SA te los nie .... Ek is te lief vir die land, en "no
matter what" sal altyd baie lief wees vir daardie land.

Julie
Re: Hello [boodskap #9221 is 'n antwoord op boodskap #9132] So, 27 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Apr 1997 06:28:02 GMT, "AM de Lange" wrote:

>>[/color]

"Swami" At fel 'n oordeel oor andere!!!!!!

(Sonder om hulle eers te raadpleeg!!!)

AT! Jy het mos nou jy eie doodsonde gepleeg?

(Toemaar, so leer ons maar almal. Jy ook, ne?)
Re: hello [boodskap #11875 is 'n antwoord op boodskap #9132] Wo, 17 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
Willie Smith  is tans af-lyn  Willie Smith
Boodskappe: 3
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Miskien, maar julle sal nie Afrikaans kan praat nie -

chry...@mymail.com wrote in article ...
> Nothing to do? Let's talk.
>
>
> 1-900-786-1900
>
Vorige onderwerp: Vir Leendert: Oor menseregte in Kanada
Volgende onderwerp: Kalkoene en Kersfeesliggies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 16 23:45:37 MGT 2024