Humpata [boodskap #122238] |
Mon, 17 December 2018 08:12 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Humpata (amptelike naam San Januario de Humpata) is 'n nedersetting in die suide van Angola wat deur die Dorslandtrekkers gestig is wat omstreeks 1877 uit Transvaal daar aangekom het. Omstreeks 1926 is die nedersetting feitlik ontruim nadat die oorlewendes en hulle afstammelinge na Namibiƫ (Suidwes-Afrika) getrek het. Sien Dorslandtrek.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|