Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wit Afrikaners in die NSA
Wit Afrikaners in die NSA [boodskap #9089] |
Wo, 16 April 1997 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hierdie is 'n opgesomde weergawe van 'n toespraak wat Dene Smuts van
die DP vandeesweek gemaak het.
Daar is 'n breë gevoel dat baie wit Suid-Afrikaners vervreemd voel van
die nuwe swart regeerde staat weens die amptelike beleid oor sake soos
regstellende aksie en gelykstelling in die onderwys.
Maar dit is 'n hopeloos oppervlakkige analise.
Blankes - NP-ondersteuners, dus die meeste wittes - word aktief
vervreem van die nuwe orde deur die ou establishment.
Dit is belangrik om sorgvuldig te kyk na die bronne van die
verwarring.
Begin Maart het Die Burger sy nou reeds beroemde
Oorgawe-hoofartikel geskryf nadat mnr. F.W. de Klerk die besonder
swak gekose woorde soewereiniteit en selfbeskikking gebruik het
om te verduidelik wat hy en sy party prysgegee het om 'n vreedsame
(maar uiters onvermydelike) oorgang te bewerkstellig.
Wat hulle natuurlik prysgegee het, was hoegenaamd nie soewereiniteit of
selfbeskikking nie, maar mag. Al was dit onvermydelik, was dit baie om
prys te gee. De Klerk sal altyd almal se bewondering verdien vir die groot
vernuf en styl waarmee hy die ou establishment die nuwe orde ingelei
het.
Verdrukking van 'n meerderheid deur 'n ras-minderheid is egter nie
selfbeskikking nie. Om verdrukking prys te gee, is hoegenaamd nie
oorgawe nie.e
Oorgawe van wat? Van ongeregtigheid. Van arme tragiese geraamtes
wat opgegrawe word.
Oorgawe aan wat?
Aan geregtigheid, aan gelykberegtiging onder 'n beregbare handves van
menseregte wat verseker dat die nuwe regering nooit weer in die naam
van groepregte, soewereiniteit en selfbeskikking ander mense kan laat
opsluit, folter en agteraf verbrand of begrawe nie, hoe wetend of
onwetend ook al.
Hier, ondanks al die historiese waarskynlikhede daarteen, is uit dooie
punt en skikking 'n moderne, ryp en liberale grondwet gebore waarin
individuele vryheid en gelykheid voor die reg - die enigste ware
beskerming - verskans is. So verskans is dit dat die howe wat wag hou
oor die regte onafhanklik is, dat die Parlement aan 'n verskeidenheid
partye, groot en klein wat elke denkbare groep verteenwoordig,
ingevolge
die stelsel van proporsionele verteenwoordiging 'n harde, hoorbare
stem
gee in 'n kader wat openlikheid en die deelname van die sameweling op
'n
unieke wyse moontlik maak.
Niemand het die liberale demokrasie ooit ernstig opgeneem nie. Nie die
ou kieserskorps nie (vra die DP) en nie die bevrydingsbewegings in hul
meer sosialistiese dae nie. Tog, hier U�s ons: 'n liberale,
grondwetlike
demokrasie, volkome in pas met die groot regte-gebaseerde
demokrasiee en sommer heelwat meer gevorderd as lande soos
Brittanje.
Oorgawe? Wat is oorgegee? Wie het wat verloor? Ek sal u vertel wie
het presies wat verloor en dan besluit u of u gewen of verloor het.
'n Klein groep eens magtige wit mans, waarskynlik almal Broeders,
verwar - doelbewus of andersins Y hul eie politieke ondergang met die
ondergang van nie Afrikaans nie (die is uiteindelik vry en
opbloeiend),
maar met die ondergang van Afrikanerskap, hul ou politieke
konstruksie.
Omdat hulle hul mag gegrond het op die uitbuiting van Afrikanerskap,
grond hulle hul huidige magteloosheidskrisis op dit wat hulle ervaar
of kies
om te projekteer as die ondergang van AfrikanerZidentiteit in die nuwe
orde.
Dit bring my by die liberale stemme wat tans die NP-kiesers verwar wat
'n nuwe tuiste soek.
Prof. Hermann Giliomee hou aan om die nuwe grondwetlike bestel te
verdoem omdat dit nie die verdeelde samelewing in beton giet nie.
Omdat
'n swart meerderheid altyd, solank as wat dit aanhou om en bloc te
stem,
die algemene verkiesing sal wen, glo Giliomee ons moet 'n kiesstelsel
en/of 'n grondwetlike reeling hê wat sal regkry wat die NP onder P.W.
Botha probeer het: om wit mag te deel sonder om dit te verloor.
Dit alles word gereeld voorgehou as 'n kulturele vraag, waarvan die
logiese konsekwensie volgens Giliomee iets moet wees soos Belgie se
afsonderlike Vlaamse parlement wat funksioneer saam met die groter
staat
in wat grondwetlik bekend staan as korporatiewe federalisme.
In 'n land met elf tale kan dit nie werk nie, veral waar niemand
buiten die
Afrikaners wat die Vryheidsfront steun, so iets wil hê nie. Daar is
geen
moontlikheid om dit te bereik nie selfs al wil almal dit he.
Giliomee mors sy asem en gee aan 'n verskeidenheid van verkrampte
kommentators van die Afrikaanse lobby valse ammunisie vir die argument
dat minderheidsregte nie in die Grondwet beskerm word nie.
Afrikaans is geen minderheid nie. Dit is die derde grootste taal, een
van
drie wat noemenswaardig groot is. Jy kan nie jou brood aan albei kante
gebotter hê deur aanhoudend aan die wêreld te vertel hoe baie mense
Afrikaans praat, maar dan gelyktydig minderheidsregte op te eis nie.
Spaar ons die gevurkte tong. Dit is die wit minderheid, die
verkramptes
en Hermann Giliomee wat meningspeilings van wit sentiment gebruik om
argumente te steun dat dit onmoontlik is om 'n gevoel van nasieskap te
bereik. Uiteindelik is dit 'n wit veto wat hulle wil he.
Dit is 'n nuwe soort apartheid wat hulle wil he. Ek dink sommige van
hulle is regtig ongelukkig. Beswaard. Om alles te vererger, artikuleer
die
Suid-Afrikaanse Instituut van Rasse-aangeleenthede iets wat klink soos
'n
verdediging van die ou apartheidsbewind in die konteks van die WVK.
Geen wonder die mense is verward nie!
Laat ons ons geskiedenis integreer. Dis net in die mate dat ons saam
geskiedenis maak, dat ons 'n gesamentlike identiteitZ en nasiesin kan
hê.
Ons maak almal saam geskiedenis van 1990 af. In Kempton Park en in
Kaapstad.
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sa Nov 16 23:30:29 MGT 2024
|