Hoopstad [boodskap #122193] |
Sun, 16 December 2018 17:35 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hoopstad is 'n dorp in die Oranje-Vrystaat. (Moenie verwar met Hopetown nie). In 1876 gestig en vernoem na die landmeter, 'n mnr. Haupt. Dit is genoem 'Hauptstad', Duits vir 'Hoofstad'. Dit was nie die hoofstad nie, dus word die naam verander na Hoopstad. Heelwat gevegte het tydens die Tweede Vryheidsoorlog daar plaasgevind. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 3,950 (950 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|