Historiese Monumentekommissie [boodskap #122169] |
So, 16 Desember 2018 14:44 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Historiese Monumentekommissie was 'n statutêre liggaam wat in 1934 in Suid-Afrika in die lewe geroep is. Dit is aangestel en gefinansier deur die Regering en kon plekke van natuurlike en historiese belang aanbeveel vir bewaring ingevolge proklamasie. 'n Paar honderd plekke in elke uithoek van die land is op dié wyse geproklameer. Die funksie is eers deur die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede oorgeneem, en toe deur die hedendaagse Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|