Hennenman [boodskap #122135] |
Sun, 16 December 2018 10:55 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hennenman is 'n dorp naby Ventersburg in die Vrystaat. Hoewel binne die Vrystaatse Goudveld, is die dorp se ekonomie hoofsaaklik op landbou gegrond. Mielies is die belangrikste landbouproduk. Ná die ontdekking van kalksteen is twee sementfabrieke hier ontwikkel. Die dorp was aanvanklik 'n spoorwegstasie met die naam Ventersburg Road. Op 25 Mei 1927 is die naam verander na Hennenman ter ere van Petrus Ferdinand Hennenman wat hom in 1860 hier op die plaas Swartpan gevestig het. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 6,439 (2,354 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|