Heany, Kaptein Maurice [boodskap #122119] |
Sat, 15 December 2018 19:14 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Kaptein Maurice Heany was 'n Zimbabwiese (Rhodesiese) pionier en soldaat. Gebore in die Verenigde State en kom na Suid-Afrika in die jare 1870. Neem deel aan die besetting van Betsjoeanaland in 1884 en raak gemoeid met majoor Frank Johnson en kaptein H.J. Borrow in die organisering van die Pioneer Column in 1890. As stigter en hoofbestuurder van die Bechuanaland Trading Company verkry hy mynregte en speel 'n voortreflike rol in die Matabele-oorlog van 1893. Oorlede in 1927.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|