Goske, Isbrand [boodskap #121987] |
Thu, 13 December 2018 18:17 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Isbrand Goske was die Goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop. Hy het in 1665 aangekom as Kommissaris met die opdrag om 'n terrein vir die Kasteel uit te soek. In 1671 keer hy terug, weer as Kommissaris, maar word in 1672 aangestel as Goewerneur. Hy bly vier jaar aan die Kaap en begin met maatskaplike wetgewing deur die stigting van die Weeskamer, ens. Die Kasteel is voltooi en die distrik Hottentots-Holland is geopen. Hy keer in 1676 na Nederland terug.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|