Ginsberg, Franz [boodskap #121949] |
Do, 13 Desember 2018 06:50 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Franz Ginsberg was 'n Suid-Afrikaanse pionier en nyweraar. Gebore in 1862 in Beuthen, Duitsland, en kom na die Kaap in 1880. Hy vestig hom op King William's Town. Was eers fotograaf, maar begin in 1886 met die vervaardiging van vuurhoutjies en in 1888 met kerse. Hy word gekies as burgemeester en neem 'n leidende rol in die ontwikkeling van die dorp. Was 'n pionier met die opening van die diamantveld in Namibiƫ (destyds Suidwes-Afrika) in 1908. Van 1910 tot 1927 was Ginsberg 'n senator in die Unie-parlement. Oorlede in 1936.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|