Genootskap van Regte Afrikaners [boodskap #121924] |
Wed, 12 December 2018 06:22 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Genootskap van Regte Afrikaners is in 1875 in die Paarl gestig deur 'n groep bestaande uit: ds. S.J. du Toit, D.F. du Toit, C.P. Hoogenhout, S.G. du Toit, A. Ahrbeck, G. Malherbe en P.J. Malherbe. Hulle doel was om die gebruik van Afrikaans as taal aan te moedig, 'n koerant in hierdie taal uit te gee, die publikasie van 'n woordeboek en grammatikaboek te bevorder en godsdiens en patriotisme aan te moedig. Stry teen die invloed van Hollands en Engels. Dit bestaan tot die einde van die 19de eeu toe dit deur ander liggame vervang is.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|