Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die gemsbok is 'n groot bok wat amper 1,2 meter (4 voet) hoog is van die skouer af. Word aangetref in die Kalahari-woestyn, veral in die Nasionale Gemsbokpark, Namibië (Suidwes-Afrika) en Zimbabwe (Rhodesië). Die gemsbok verkies droë landskap en is spesiaal aangepas om te bestaan op skraal weiveld. Daar word beweer dat sy simmetriese horings van die kant gesien, aanleiding gegee het tot die legende van die eenhoring in die Middeleeue. Besonder lekker vleis om te eet, maar bok word nou beskerm. Die dierkundige naam is Oryx gazella. Sien Soogdiere.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.