Kadoma [boodskap #121908] |
Tue, 11 December 2018 06:14 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Kadoma (vroeër Gatooma) is 'n dorp in Zimbabwe (Rhodesië), tussen Harare (Salisbury) en Bulawayo. 3,184 voet bo seespieël. Gestig in 1907 en word 'n munisipaliteit in 1917. Naam afgelei van Katuma, 'n plaaslike opperhoof. Behalwe boerdery en die goudmynbedryf, is daar 'n groot tekstielbedryf gebaseer op die plaaslike katoenproduksie. Die twee spinfabrieke het meer as 35,000 spinspille. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 15,000 (2,150 Blankes, 12,000 Bantoes en 250 Asiate en Kleurlinge).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|