Fort Beaufort [boodskap #121834] |
Sun, 09 December 2018 15:09 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Fort Beaufort is 'n dorp in Oos-Kaapland; in 1822 gestig as 'n fort om die Oosgrens te help beveilig. Vernoem na die Hertog van Beaufort, vader van die goewerneur, lord Charles Somerset. Die huidige dorpsgebied is in 1837 uitgelê. Die oorspronklike fort bestaan nog. In 1846 het die Oorlog van die Byl begin deur 'n rusie in 'n winkel op Fort Beaufort. Belangrike wol- en sitrussentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 9,748 (1,494 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|