Fitzpatrick, James Coleman [boodskap #121819] |
Sun, 09 December 2018 12:50 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
James Coleman Fitzpatrick was 'n senior onderregter van die Kaapse regbank. Op 6 Januarie 1816 in Ierland gebore. Vader van sir Percy Fitzpatrick. Nadat hy die pos beklee het as hoofregter in die Goudkus kom hy in 1857 na Suid-Afrika en word in 1861 regter van Brits-Kaffrariƫ. Toe hierdie gebied ingelyf is by die Kaapkolonie in 1865, gaan hy terug na die Kaapse regbank waar hy bevorder is tot senior onderregter. Oorlede in 1880.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|