Finsch-Diamantmyn [boodskap #121811] |
Sun, 09 December 2018 10:25 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Finsch-Diamantmyn is geleë 40 myl ten ooste van Postmasburg, Noord-Kaapland. Ontdek deur 'n plaaslike boer, A.T. Fincham, wat saam met sy vennote hulle regte in 1963 aan De Beers Consolidated Mines teen R4,500,000 (£2,250,000) verkoop het. Die diamantpyp dek nagenoeg 42 acres en is ten aanvang op die 'oop-stelsel' bewerk. Die neerslae is baie ryk. Sien ook Limeacres.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|