Erfpag [boodskap #121765] |
Sun, 09 December 2018 05:57 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Erfpag is 'n stelsel van grondbesit aan die Kaap wat deur die vroegste Vryburgers ingevoer is waarvolgens grondbesitters 'n jaarlikse huur in plaas van dienste betaal het. Aanvanklik was dit in die vorm van tiendes van die graanoes, maar na 3 Julie 1714 is 'n geldtarief in die plek daarvan vir leenplase ingestel. Op 6 Augustus 1813 het goewerneur sir John Cradock "Lewenslange Erfpag" ingestel waarna die eiendomsreg van enige leenplaas oorgeskakel kon word. Hierdie stelsel is nog van krag.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|