Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die engelvis (Holacanthus nicobariensis) is een van die soorte plat skoenlappervis wat langs die Natalse kus en noordwaarts aangetref word. Die donker lyf en stert is gestreep met ligblou. Die merke kom na bewering ooreen met die Arabiese woorde, 'Daar is geen ander God as Allah nie'.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.