Elsenburg [boodskap #121750] |
Sat, 08 December 2018 18:03 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Elsenburg is 'n beroemde Kaapse herehuis; oorspronklik in 1698 gebou deur sekunde Samuel Elsevier, tweede in bevel na goewerneur Willem Adriaan van der Stel. Die ou huis is in 1754 gebou en later herbou en verfraai deur Martin Melck. Vandag is die landgoed deel van die Departement Landbou van die Universiteit van Stellenbosch en is dit bekend vir sy navorsing op die gebied van vrugtekwekery en verwante onderwerpe.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|