Duiwelskloof [boodskap #121685] |
Vr, 07 Desember 2018 06:24 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Duiwelskloof (sedert 2004 amptelik Modjadjiskloof) is 'n dorp in Noord-Transvaal (Limpopo-provinsie) wat in 1920 in skilderagtige omgewing gestig is. Dit lê 18 km noord van Tzaneen en beskik oor houtbosse, subtropiese vrugte en groente. Die naam kom waarskynlik van die togryers wat deur die reënseisoen hier moes deursukkel wanneer die grond soos 'n moeras word. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,809 (669 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|