Drawwertjie (loopvoël) [boodskap #121664] |
Do, 06 Desember 2018 16:10 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die drawwertjie (loopvoël; familie Cursoriidae) is 'n familielid van die moerasvoël (wader), maar aangepas by oop vlaktes en woestyne. Hy het kort vlerke maar lang bene en hardloop verbasend vinnig. Vreet insekte, spinnekoppe en slangsade. Heelwat variëteite kom in die Karoo, Hoëveld en Kalahari voor.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|