Re: Die Arendsveer in die Parlement [boodskap #8838] |
Do, 20 Maart 1997 00:00 |
lo...
Boodskappe: 124 Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In Article, writes:
> Wat my egter die meeste amuseer is die teenwoordigheid
> van rassegevoel selfs tussen die verskillende groepe van Eerste
> Nasies. Aan die Kanadese ooskus is daar twee groot groepe:
> die Micmac en die Maliseet. As jy nou vir my vriendin wil
> opgewonde maak, noem haar 'n Micmac. Die Maliseet, kleiner
> in getal, dink hulle is van groter status as die Micmac.
>
Dankie vir die insig in die Kanadese manier van dinge doen. Klink vir my al te
veel na ons mense. Soos die blankes dink hulle is beter as ander nasies. Soos
die Matabele dink hulle is beter as die ander Zimbabwe nasies. Selfde met die
Zoeloes hier in ons land.
Hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde. Rassisme is nou maar 'n
mens ding, iets waarteen gedurig gewaak sal moet word. Ek verwonder my net oor
die feit dat jy die woord 'amusant' in respek daartoe gebruik? Ek sou dink jy
sal lankal as en roet op jou hoof gehoop het :}
Lou
|
|
|