De Barros, João [boodskap #121572] |
Sun, 02 December 2018 17:35 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
João de Barros was 'n Portugese geskiedkundige en reisiger. Hy verken die weskus van Afrika voor die ontdekking van die Kaap. Was gestasioneer op die Goudkus en beklee 'n pos in die hofhouding van koning Johannes III van Portugal. Sy grootste werk is die Geskiedenis van die Portugese Verowering van Asië, die betroubaarste weergawe van Bartholomeüs Dias se reis om die Kaap die Goeie Hoop. De Barros is genoem 'Die Livius van Portugal' weens sy verhewe styl. Hy is in 1496 gebore en sterf in 1570.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|