Dassie, Kolstert [boodskap #121564] |
Sun, 02 December 2018 08:03 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Kolstert Dassie (Diplodus sargus) is 'n vis wat van Walvisbaai tot by Saldanhabaai, en van Valsbaai tot by Natal en Zoeloeland aangetref word. Kom ook voor in die Middellandse See, by Wes-Afrika en tot by Angola. Gemiddeld sowat 22 cm, maar word tot 45 cm lank. Die is silwergrys met 'n swart kol op die stert. Kom voor in rotsagtige strande. Sien Brasem.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|