Danielskuil [boodskap #121557] |
Sun, 02 December 2018 07:21 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Danielskuil is 'n dorp naby Postmasburg in die Noord-Kaap. Die dorp se naam kom van 'n kalksteensinkgat van 6 m diep wat die vroeë inwoners aan die bybelverhaal oor Daniël en die Leeukuil herinner het. Volgens oorlewering het Adam Kok I die gat as 'n tronk gebruik vir die wat sy wette oortree het. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 1,910 (700 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|