Craig, Sir James Henry [boodskap #121523] |
Sa, 01 Desember 2018 15:34 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sir James Henry Craig was 'n Britse generaal en Goewerneur van die Kaap. Gebore in 1748 in Gibraltar; sluit op 15 jarige ouderdom by die leër aan. Van 1774 tot 1781 veg hy in die rewolusionêre oorloë teen die Verenigde State. Generaal-majoor in bevel van die ekspedisie wat in 1795 die Kaap die Goeie Hoop vir Brittanje verower het. Van 1795 tot 1797 was hy Goewerneur van die Kolonie. Oorlede in 1812 in Londen.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|