Cole, Sir Galbraith Lowry [boodskap #121491] |
Sat, 01 December 2018 11:22 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sir Galbraith Lowry Cole was 'n Goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop. Gebore op 1 Mei 1772 in Ierland. Cole was Goewerneur van Mauritius van 1823 tot 1828 voordat hy na die Kaap verplaas is. Tydens sy ampstermyn het belangrike ontwikkelings plaasgevind; die herverskyning van die onderdrukte South African Commercial Advertiser; die stigting van die South African College en die bou van nuwe paaie, onder meer die een deur Sir Lowry's-pas. Hy bestee baie tyd om die vrede onder die grensstamme te bewaar. Hy tree af in Augustus 1833 en is oorlede in 1842.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|